Privaatheidsbeleid

Hierdie is ’n geargiveerde weergawe van ons privaatheidsbeleid. Bekyk die huidige weergawe of alle vorige weergawes.

Versteek voorbeelde
Wys voorbeelde
Versteek voorbeelde

Laas gewysig: 31 Maart 2014 (kyk na geargiveerde weergawes)

Daar is verskeie maniere waarop jy ons dienste kan gebruik – om inligting te soek en te deel, om met ander mense te kommunikeer of om nuwe inhoud te skep. Wanneer jy inligting met ons deel, byvoorbeeld deur 'n te skep, kan ons daardie dienste selfs nog beter maak – om vir jou en advertensies te wys, om jou te help om of om deling met ander mense vinniger en makliker te maak. Wanneer jy inligting met ons deel, byvoorbeeld deur ’n nuwe Google-rekening te skep , kan ons daardie diens selfs beter maak – om vir jou meer relevante soekresultate en advertensies te wys, om jou te help om met mense in verbinding te tree, of om dit vinniger en makliker te maak om inligting met ander te deel. Terwyl jy van ons dienste gebruik maak, wil ons hê jy moet verstaan hoe ons inligting gebruik en op watter manier jy jou privaatheid kan beskerm.

Ons privaatheidsbeleid verduidelik die volgende:

Ons het probeer om dit so eenvoudig moontlik te hou, maar as jy nie vertroud is met terme soos webkoekies, IP-adresse, piekselmerkers en blaaiers nie, lees dan eers op oor hierdie sleutelterme. Jou privaatheid is vir Google belangrik, so of jy nou 'n gereelde of nuwe gebruiker van Google is, doen asseblief die moeite om ons praktyke te leer ken − en as jy enige vrae het, verwys terug na hierdie bladsy.

Inligting wat ons insamel

Ons samel inligting in om ’n beter diens aan al ons gebruikers te lewer − van basiese dinge soos om vas te stel watter taal jy praat, tot meer komplekse dinge soos watter advertensies jy die nuttigste sal vind of watter mense vir jou aanlyn die belangrikste is.

Ons samel inligting op twee maniere in:

Hoe ons die inligting wat ons insamel, gebruik

Ons gebruik die inligting wat ons uit al ons dienste insamel, om hierdie dienste te verskaf, te onderhou, te beskerm en te verbeter, om nuwe dienste te ontwikkel en om Google en ons gebruikers te beskerm. Ons gebruik ook hierdie inligting om aan jou pasgemaakte inhoud te bied − soos meer relevante soekresultate en advertensies. Ons gebruik ook hierdie inligting om aan jou pasgemaakte inhoud te bied − soos meer relevante soekresultate en advertensies.

Ons kan die naam wat jy vir jou Google-profiel verskaf het, vir al ons dienste gebruik wat ’n Google-rekening vereis. Daarbenewens kan ons vorige name wat met jou Google-rekening verbind word, vervang sodat jy konsekwent in al ons dienste verteenwoordig word. Indien ander gebruikers reeds jou e-pos of ander inligting wat jou identifiseer, het, kan jy vir hulle jou Google-profielinligting wat vir die publiek sigbaar is, wys, byvoorbeeld jou naam en foto.

Wanneer jy Google kontak, kan ons ’n rekord van jou kommunikasie hou om jou te help om enige kwessie waarmee jy sukkel, te hanteer. Ons kan jou e-posadres gebruik om jou in te lig oor ons dienste, soos om jou te laat weet oor toekomstige veranderinge en verbeteringe.

Ons gebruik inligting wat van webkoekies en ander tegnologie verkry is, soos piekselmerkers, om jou gebruikerervaring en algemene gehalte van ons dienste te verbeter. Deur byvoorbeeld jou taalvoorkeure te stoor, sal ons ons dienste kan laat verskyn in die taal wat jy verkies. Wanneer ons vir jou gepasmaakte advertensies wys, sal ons nie 'n webkoekie of anonieme identifiseerder met sensitiewe kategorieë assosieer soos dié wat op ras, godsdiens, seksuele oriëntasie of gesondheid gebaseer is nie.

Ons kan persoonlike inligting van een diens met inligting van ’n ander Google-diens kombineer, insluitend persoonlike inligting − byvoorbeeld om dit makliker te maak om dinge te deel met mense wat jy ken. Ons sal nie DoubleClick-webkoekie-inligting kombineer met persoonlike identifiseerbare inligting nie, tensy ons jou uitdruklike toestemming het. Ons sal nie DoubleClick-webkoekie-inligting kombineer met persoonlike identifiseerbare inligting nie, tensy ons jou uitdruklike toestemming het.

Ons sal jou toestemming vra voordat ons inligting vir ’n ander doel gebruik as dit wat in die privaatheidsbeleid uiteengesit is.

Google verwerk persoonlike inligting op ons bedieners in baie lande regoor die wêreld. Ons kan jou persoonlike inligting op ’n bediener verwerk wat buite die land geleë is waar jy woon.

Deursigtigheid en keuse

Mense se privaatheidsbehoeftes verskil. Ons doel is om dit duidelik te maak watter inligting ons insamel, sodat jy sinvolle keuses kan uitoefen oor hoe dit gebruik word. Byvoorbeeld, jy kan die volgende doen:

Jy kan ook jou blaaier stel om alle webkoekies te blokkeer, insluitend webkoekies wat met ons dienste geassosieer word, of om aan te dui wanneer ’n webkoekie deur ons gestel word. Dit is egter belangrik om te onthou dat baie van ons dienste dalk nie behoorlik sal funksioneer as jou webkoekies afgeskakel is nie. Byvoorbeeld, ons kan dalk nie jou taalvoorkeur onthou nie.

Inligting wat jy deel

Baie van ons dienste laat toe dat jy inligting met ander deel. Onthou dat wanneer jy inligting met die publiek deel, dit deur soekenjins geïndekseer kan word, insluitend Google. Ons dienste voorsien jou van verskillende opsies om jou inhoud te deel of te verwyder.

Kry toegang tot jou persoonlike inligting en dateer dit op

Wanneer jy van ons dienste gebruik maak, streef ons daarna om jou toegang tot jou persoonlike inligting te bied. As daardie inligting verkeerd is, streef ons daarna om jou maniere te bied om dit vinnig op te dateer of uit te vee − tensy ons daardie inligting moet hou vir geldige besigheids- of regsdoeleindes. Wanneer jy jou persoonlike inligting opdateer, kan ons jou vra om jou identiteit te bevestig voordat ons jou versoek kan uitvoer.

Ons kan dalk versoeke verwerp wat onredelik herhaal word, buitensporige tegniese inspanning vereis (byvoorbeeld, die ontwikkeling van 'n nuwe stelsel of fundamentele veranderings aan 'n bestaande praktyk), die privaatheid van ander mense bedreig, of uiters onprakties sou wees (byvoorbeeld, versoeke met betrekking tot inligting wat op ons rugsteunstelsels lê).

Waar ons toegang tot inligting en die korrigering daarvan kan verskaf, sal ons dit gratis doen, behalwe waar dit ’n uitsonderlike hoeveelheid moeite gaan verg. Ons streef daarna om ons dienste op ’n wyse te onderhou wat inligting beskerm teen toevallige of kwaadwillige beskadiging. Om hierdie rede sal ons nie dadelik oorblywende kopieë van ons aktiewe bedieners uitvee wanneer jy inligting van ons dienste uitvee nie, en ons sal dalk nie inligting van ons rugsteunbedieners uitvee nie.

Inligting wat ons deel

Ons deel nie persoonlike inligting met maatskappye, organisasies en individue buite Google nie, tensy een van die volgende omstandighede van toepassing is:

Ons kan ingewinde inligting wat nie persoonlik herkenbaar is nie, met die publiek en met ons vennote deel – soos uitgewers, adverteerders of verwante webwerwe. Byvoorbeeld, ons kan inligting met die publiek deel om tendense oor die algemene gebruik van ons dienste te toon.

As Google betrokke sou wees in ’n samesmelting, oorname of bateverkope, sal ons voortgaan om die vertroulikheid van enige persoonlike inligting te verseker, en aan die betrokke gebruikers kennis gee voordat persoonlike inligting oorgedra word, of onderhewig raak aan ’n ander privaatheidsbeleid.

Inligtingsekuriteit

Ons werk hard om Google en ons gebruikers te beskerm teen ongemagtigde toegang of verandering, openbaarmaking of vernietiging van inligting waaroor ons beskik. Wat ons veral doen:

Wanneer hierdie privaatheidsbeleid van toepassing is

Ons privaatheidsbeleid is van toepassing op al die dienste wat deur Google Inc. en sy affiliale gebied word, insluitend dienste op ander webwerwe (soos ons adverteringsdienste), maar sluit dienste uit wat afsonderlike privaatheidsbeleide het wat nie hierdie privaatheidsbeleid insluit nie.

Ons privaatheidsbeleid is nie van toepassing op dienste wat deur ander maatskappye of individue gelewer word nie, insluitend produkte of webwerwe wat aan jou in soekresultate gewys kan word, webwerwe wat Google-dienste insluit, of ander webwerwe wat aan ons dienste geskakel is. Ons privaatheidsbeleid dek nie die inligtingspraktyk van ander maatskappye en organisasies wat ons dienste adverteer en wat webkoekies, piekselmerkers en ander tegnologie kan gebruik om relevante advertensies aan te bied nie.

Voldoening en samewerking met regulerende owerhede

Ons hersien gereeld ons nakoming van ons privaatheidsbeleid. Ons lê ons ook neer by verskeie selfregulerende raamwerke. As ons formele geskrewe klagtes ontvang, sal ons die persoon wat die klag ingedien het, kontak om dit op te volg. Ons werk saam met die relevante reguleringsowerhede, insluitend plaaslike databeskermingsowerhede, om enige klagtes oor die oordrag van persoonlike data wat ons nie direk met ons gebruikers kan oplos nie, op te los.

Veranderinge

Ons privaatheidsbeleid kan van tyd tot tyd verander. Ons sal nie jou regte onder hierdie privaatheidsbeleid inkort sonder jou uitdruklike toestemming nie. Ons sal enige verandering aan ons privaatheidsbeleid op hierdie blad aankondig, en as die veranderinge beduidend is, sal ons ’n meer prominente kennisgewing voorsien (insluitend ’n kennisgewing via e-pos van veranderinge aan die privaatheidsbeleid vir sekere dienste). Ons sal ook vorige weergawes van die privaatheidsbeleid in ’n argief hou sodat jy daarna kan terugverwys.

Spesifieke produkpraktyke

Die volgende kennisgewings verduidelik spesifieke privaatheidpraktyke met betrekking tot sekere Google-produkte en -dienste wat jy dalk mag gebruik:

Nog nuttige privaatheid- en sekerheidverwante materiaal kan gevind word deur Google se beleid- en beginselbladsye, insluitend: